Miauli die kat is 'n seevaarder wat met 'n skip die wêreld deurkruis. Op 'n dag ontmoet hy 'n voëltjie wat hom vertel van Musiekeiland, 'n plek waar die diere glo pragtig sing. Miauli besluit Veertjies moet hom hierdie eiland gaan wys. Na 'n spannende avontuur met 'n seeslang, kom hulle uiteindelik op die plek uit. En daar, op Musiekeiland, besluit Miauli om homself te vestig. Nog meer avonture volg op daardie besluit.